Mangaung-samesweerders wou glo KKK nader vir fondse

Die twee verdagtes verlede week in die hof. Foto: Sabrina Dean / Central Media Group

Johan Prinsloo (met die bril) tydens ‘n vorige hofverskyning. Foto: Sabrina Dean / Central Media Group

ʼn Beweerde komplot waarvolgens die ANC-leierskorps tydens die party se Mangaung-konferensie moes vermoor word, moes glo deur onder andere die Ku Klux Klan (KKK) in Amerika befonds word.

Jaco Scherman, staatsgetuie, het Maandag in die hooggeregshof in Bloemfontein getuig dat Johan Prinsloo R40 000 betaal het sodat Hein Boonzaaier na Amerika kon gaan om befondsing te kry vir die “Slag van Mangaung”. Boonzaaier moes glo ander andere met die KKK ontmoet vir befondsing. Prinsloo staan tereg op aanklagte van hoogverraad en sameswering om terrorismedade te pleeg. Scherman het ook getuig dat die groep diamante van Zimbabwe wou bekom om hul beweerde terroriste-aktiwiteite te finansier.

Mark Trollip (48), een van Prinsloo se medebeskuldigdes, het in November ʼn pleitooreenkoms met die staat aangegaan waarvolgens hy skuldig gepleit op die aanklagte teen hom. Hy is tot agt jaar tronkstraf gevonnis. Trollip en Prinsloo se medebeskuldigde Martin Keevy is vroeër ongeskik verklaar om verhoor te word. Die vierde beskuldigde, Hein Boonzaaier (50), is vroeër van alle aanklagte teen hom vrygespreek. Die vier mans is op 16 Desember 2012 in hegtenis geneem nadat hulle glo beplan het om ANC-leiers by die party se nasionale verkiesingskonferensie in Mangaung te vermoor met ʼn bomontploffing.

Lees ook:
Magaung-komplot moes ‘Boerevolk tot aksie roep’
Mangaung-komplot: Agt jaar ná pleitooreenkoms
Mangaung-komplot: Verdagtes pleit dalk vandag
Manguang-komplot: Verregses gaan dalk pleit
Mangaung-komplot: Verdagte ongeskik verklaar vir verhoor
Staat laat vaar aanklagte teen Mangaung-’regse’
Mangaung-komplot: Verdagte se brief uit tronk
Mangaung-verregse glo ontoerekeningsvatbaar
Mangaung: Verregse se saak weer uitgestel
‘Verregse’ Mangaung-saak uitgestel
Mangaung: Verregses se saak uitgestel
Wending in “regse komplot”-saak
Nog ʼn man vas, in hof oor “regse komplot”
Drie ‘regses’ borg geweier
Verregses steeds agter tralies
Video: Hier kom die “Boere-ninja”
Mangaung: Verregses verskyn in die hof

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.