Mangaung-samesweerders wou glo mortiere koop

Martin Keevy (links) en Johan Prinsloo Foto: Sabrina Dean/SAPA

Martin Keevy (links) en Johan Prinsloo Foto: Sabrina Dean/SAPA

Die beweerde Mangaung-samesweerders het glo beplan om twee groot mortiere, 10 kleiner mortiere, dinamiet en ʼn handgranaat aan te skaf, het die Bloemfonteinse hooggeregshof Donderdag gehoor.

ʼn Staatsgetuie, wat slegs as Mnr. B bekend staan, het getuig dat hy dié wapens die dag voor die beplande aanval gesien het. Die mans het glo beplan om die ANC se konferensie op 16 Desember 2012 in Mangaung aan te val.

Regter Mojalefa Rampai hoor tans getuienis aan in die hofsaak van Johan Prinsloo, wat van hoogverraad, sameswering om aan terreurdade deel te neem en die besit van onwettige ammunisie aangekla word.

Mnr. B het getuig dat hy die ammunisie reeds op 15 Desember 2012 by ʼn woonstel in Reigerpark, buite Boksburg, gesien het. Hy sê die groot mortiere was te koop vir R10 500 elk of R21 000 vir altwee. Hy het toe glo met die verkopers gereël dat Jaco Scherman, ook ʼn staatsgetuie en polisie-informant, later in die dag met die geld sou kom om dit te koop.

Volgens Mnr. B het Scherman hom egter later die middag gebel om te sê die transaksie het nie voortgegaan nie. Prinsloo het hom [Mnr. B] toe glo versoek om steeds wapens in die hande te kry, maar hy moes alles kanselleer nadat Scherman hom gewaarsku het dat daar polisiebeamptes by Prinsloo se huis is.

Prinsloo, Mark Trollip, Hein Boonzaaier en Martin Keevy is in verband met die beweerde plan in hegtenis geneem. Trollip het skuldig gepleit op ʼn aanklag van sameswering en is agt jaar tronkstraf opgelê. Klagtes teen Boonzaaier is laat vaar en Keevy is onbevoeg verklaar om verhoor te word.

Die saak is tot Woensdag, 26 Februarie uitgestel. -SAPA

Lees ook:
Mangaung-komplot: “Ek het dit nie vir die geld gedoen nie”
Mangaung-komplot: Hof hoor oor wapens
Mangaung-samesweerders wou glo KKK nader vir fondse
Mangaung-komplot: Radikale sienings trek polisie se aandag
Magaung-komplot moes ‘Boerevolk tot aksie roep’
Mangaung-komplot: Agt jaar ná pleitooreenkoms
Mangaung-komplot: Verdagtes pleit dalk vandag
Manguang-komplot: Verregses gaan dalk pleit
Mangaung-komplot: Verdagte ongeskik verklaar vir verhoor
Staat laat vaar aanklagte teen Mangaung-’regse’
Mangaung-komplot: Verdagte se brief uit tronk
Mangaung-verregse glo ontoerekeningsvatbaar
Mangaung: Verregse se saak weer uitgestel
‘Verregse’ Mangaung-saak uitgestel
Mangaung: Verregses se saak uitgestel
Wending in “regse komplot”-saak
Nog ʼn man vas, in hof oor “regse komplot”
Drie ‘regses’ borg geweier
Verregses steeds agter tralies
Video: Hier kom die “Boere-ninja”
Mangaung: Verregses verskyn in die hof

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.