Mangaung: Trevor Manuel wil nie dien nie

Trevor Manuel

Trevor Manuel, beplanningsminister in die presidensie, het ‘n nominasie om in die ANC se nasionale uitvoerende komitee te dien, van die hand gewys.

Manuel het gesê hy wil ‘n “ander rol” speel en glo dat die ANC se waardes deur die huidige kompetisie vir leierskap vernietig word, berig City Press. “Ná 21 en ‘n half jaar vra jy: ‘het ek nog die honger in my?’,” het Manuel aan City Press gesê. “Dit is tyd dat jong mense deur die stelsel kom. Ek wil probeer om ‘n mentor te wees. Ek voel daar is ‘n plig om dit nou te doen. As alles ‘n kompetisie is, vernietig jy waardes (soos tans gebeur). As dít gebeur, kan jy nie op die vaardighede en kundigheid (van die mense wat die party verlaat ná erge kompetisie) staatmaak nie. Dit was by Polokwane al duidelik.”

Manuel reken dit is tyd dat jonger leiers oorneem, en dat die party se beleidsvorming swak is, en dat die parlement swak is. Manuel neem glo die besluit “uit beginsel”.

Jeremy Cronin, adjunkminister van openbare werke, en Zwelinzima Vavi, uitvoerende hoof van die vakbondfederasie Cosatu, het Saterdag aangekondig dat hulle ook nominasies van die hand gewys het, het City Press berig.

-SAPA

Lees ook:
Afgevaardigdes wil nie met media praat nie
Mangaung begin

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.