Die saak teen een van die mans wat daarvan beskuldig word dat hy beplan het om ANC-leiers in Mangaung te vermoor, is Maandag in die Bloemfonteinse streekshof uitgestel.
Die saak is in camera aangehoor, aangesien die psigiatriese evaluasie van Martin Keevy (47) by die Vrystaatse psigiatriese hospitaal nog nie afgehandel is nie. Keevy is ‘n maand gelede vir ‘n 30 dae-evaluasie gestuur.
Die saak is tot 2 Julie uitgestel.
Keevy, Hein Boonzaaier (50), Johan Prinsloo (49) en Mark Trollip (49) is op 16 Desember 2012 in hegtenis geneem. Hulle word daarvan beskuldig dat hulle ‘n bom by die ANC se nasionale verkiesingskonferensie in Mangaung wou plant.
Landdros Mziwonke Hinxa het Keevy, Trollip en Prinsloo se borgaansoek afgekeur. Boonzaaier is borg van R80 000 toegestaan.
Trollip, Prinsloo en Boonzaaier sal na verwagting in Augustus weer in die hof verskyn.
Die motiewe wat hierdie beskuldigdes gehad het, is ongelukkig uitgedien en is daar nie plek in Suid-Afrika of die wêreld daarvoor nie. Nêrens gaan hulle baie steun daarvoor kry nie buiten by ‘n paar hardkoppiges wie glo in hulle eie patriotisme jeens die Afrikaners, sy taal en sy wit vel. Maar hierdie Afrikaners is in die minderheid want die meerderheid Afrikaners het ‘n byderwetse en realistiese siening van sake in Suid-Afrika en speel hul kaarte op ‘n heel ander vlak.
Nogtans is mens jammer vir die beskuldigdes want meeste van hulle was dalk maar net die slagoffers van andere met duistere motiewe.
The state has no case and should release these people. Unfortunately the state will use everything in its power, legal and illegal to try and find these people guilt just purely that they are white. The same goes fro the Boeremag trial which has nou been going on for years and still no outcome.Disgusting failure of the NPA.
HULLE IK BEGIN BESLIS MET N KOMMA