Mangaung: Verregses se saak uitgestel

Die vier verdagtes verskyn vlugtig in die hof Foto: SABC

Vier mans wat daarvan beskuldig word dat hulle beplan het om ANC-leiers te vermoor, het Maandag vlugtig in die Bloemfonteinse landdroshof verskyn.

“Die staat het versoek dat die saak tot 24 Mei uitgestel word vir verdere ondersoek,” het Phaladi Shuping, streekswoordvoerder vir die Nasionale Vervolgingsgesag, gesê.

Hein Boonzaaier (50) van Centurion, Martin Keevy (47) van Bloemfontein, Johan Prinsloo (49) van Mookgophong [Naboomspruit] en Mark Trollip (49) van Douglas, het vlugtig in die hof verskyn. Hulle is op 16 Desember 2012 in hegtenis geneem nadat hulle glo beplan het om ‘n bom by die ANC se nasionale verkiesingskonferensie in Mangaung te laat ontplof. Landdros Mziwonke Hinxa het in Januarie Trollip, Keevy en Prinsloo se borgaansoek afgekeur. Die landdros het in hul borgaansoek aangevoer dat aspekte van die drie mans se gesondheid en ander gesinsoorwegings nie as uitsonderlike omstandighede kwalifiseer nie. Boonzaaier is op R80 000 borg vrygelaat.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.