Mango pos bemanning oor kos

Mango, die laekoste-lugredery, het 24 kajuitbemanningslede die trekpas gegee weens bedrog oor kos, het Business Day Maandag berig.

Die werknemers het na bewering die lugredery se spysenieringsdienste besteel.

Lihle Lethuli, ʼn woordvoerder van die SA Transport and Allied Workers’ Union (Satawu), het gesê Mango se bestuurders het agterdogtig geraak oor die hoeveelheid geld wat uit verkope van kos en drankies gemaak word en ondersoekbeamptes op vlugte geplaas.

Bewyse het aan die lig gekom dat die personeel geld in hul sakke gesteek het met onder andere die verkope van koffie, tee en ander drankies.

Hein Kaiser, die woordvoerder van Mango, het gesê die lugredery se interne veiligheidsdiens het die ondersoek hanteer en dit het ʼn paar maande geduur.

“Dit is bykans onmoontlik om die presiese hoeveelheid geld te bepaal wat oor die tydperk gesteel is, maar dit was ʼn groot hoeveelheid,” het hy aan die koerant gesê.

Volgens Lethuli het die vakbond “geen bewyse” van Mango ontvang om die ontslagstappe te verdedig nie.

Kaiser het gesê die lugredery het ʼn geen-genade beleid teen enige vorm van oneerlikheid in werking gestel.

– SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Stoere Boer ·

Laat ek raai. Was dit nie dalk personeel wat bietjie donker van kleur is nie. Snaaks hoe baie van hulle in die nuus is wanneer dit by moordenaars, korupsie, diefstal en alle oneerlike praktyke kom en hoe min geprys word oor eerlike harde werk. O ek is jammer dat ek nie polities korrek klink nie maar ek is moeg vir al die gemors wat deesdae in ons land gebeur.

Danie Kriel ·

Stoere Boer
Jy moet in aanmerking neem wie die meerderheid in die land is. Die demografie moet dus op alle terreine verteenwoordig word!

Walla ·

Oneerlikheid is in hulle DNA, waar n donker groene is,is daar altyd skelmstreke, dit maak nie saak hoeveel hulle verdien nie!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.