Mango vlieg nou Zanzibar toe

mangoSuid-Afrika se laekoste-lugredery, Mango, het Sondag sy eerste geskeduleerde vlugte tussen Johannesburg en Zanzibar bekendgestel.

Die lugredery reis nou vir die eerste keer buite Suid-Afrika se grense, sê Nico Bezuidenhout, die uitvoerende hoof van Mango. Die Johannesburg/Zanzibar-skedule-uitbreiding kom glo na byna agt maande se suksesvolle huurvlugte tussen die twee lande.

“Die sukses van die huurvlugte die afgelope paar maande het as ʼn toetsfase gedien vir die instel van geskeduleerde kommersiële vlugte,” sê hy.redery reis nou vir die eerste keer buite Suid-Afrika se grense, sê Nico Bezuidenhout, die uitvoerende hoof van Mango. Die Johannesburg/Zanzibar-skedule-uitbreiding kom glo na byna agt maande se suksesvolle huurvlugte tussen die twee lande.

Pryse vir allesinsluitende kaartjies begin by R2 880.

Boonop kan kliënte wat ʼn rekening by sekere winkels het, hul vlugkaartjies op dié winkel se rekening koop.

“Alle rekeninghouers van winkels wat deel is van die Edcon-groep sal hul vlugte aanlyn kan bespreek en betaal. Hulle sal ook teen die einde van die jaar deur die oproepsentrum pakketvakansies kan bespreek,” verduidelik Bezuidenhout.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Elize ·

Ek wens Mango wil ook vlugte na Namibia,en Walvisbaai doen.Want Namibia Airline is pateties.
Ons wat nou kinders daar het,moet npou ten duurste vlieg op SA Express, na Walvisbaai.Kan Maroela Media nie vir ons n woordjie doen daar nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.