Manguang-komplot: Verregses gaan dalk pleit

Die twee verdagtes in die hof. Foto: Sabrina Dean / Central Media Group

Die twee verdagtes in die hof. Foto: Sabrina Dean / Central Media Group

Onderhandelings vir ʼn moontlike pleitooreenkoms is Maandag in die Bloemfonteinse hooggeregshof aangehoor tydens ʼn verhoor oor ʼn beplande staatsgreep deur verregses.

Staatsaanklaer Tory Pretorius het gesê die staat is besig met onderhandelinge wat die hofsaak aansienklik kan verkort. Die saak is tot Woensdag uitgestel. Die verhoor sou aanvanklik op 18 November begin het.

Mark Trollip (48) en Johan Henrik Prinsloo (49) staan tereg op aanklagte van hoogverraad en sameswering om dade van terrorisme te pleeg. Die mans is op 16 Desember 2012 in hegtenis geneem nadat hulle glo beplan het om ANC-leiers by die party se nasionale verkiesingskonferensie in Mangaung te vermoor deur ‘n bom te laat ontplof.

Volgens die klagstaat het die verdagtes ook beplan om wapens soos AK-47’s, R1’s en R4’s te bekom om die staatsgreep uit te voer.

Die verdagtes bly in aanhouding.

Lees ook:
Mangaung-komplot: Verdagte ongeskik verklaar vir verhoor
Staat laat vaar aanklagte teen Mangaung-’regse’
Mangaung-komplot: Verdagte se brief uit tronk
Mangaung-verregse glo ontoerekeningsvatbaar
Mangaung: Verregse se saak weer uitgestel
‘Verregse’ Mangaung-saak uitgestel
Mangaung: Verregses se saak uitgestel
Wending in “regse komplot”-saak
Nog ʼn man vas, in hof oor “regse komplot”
Drie ‘regses’ borg geweier
Verregses steeds agter tralies
Video: Hier kom die “Boere-ninja”
Mangaung: Verregses verskyn in die hof

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Shane ·

Het hulle onafhanklik van ‘n groep opgetree of is hulle twee ‘n groep? Drie weke terug is boeremaglede tronk toe gestuur. Hoekom leer hulle nie?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.