Mans beroof ná hulle by lughawe land

Twee mans is Donderdag beroof nadat hulle by die O.R. Tambo-lughawe geland het.

Drie mans het die twee slagoffers, wat van Nigerië af Suid-Afrika toe gereis het, van die lughawe af agtervolg en hulle aangeval nadat hulle by hul huis in Heidelberg aangekom het. Hulle is met gewere aangehou en is van juweliersware, geld en ander waardevolle items beroof. Die rowers het gevlug waarna die polisie ontbied is. Die polisie het die verdagtes op die N3-deurpad aangekeer en die gesteelde goedere teruggekry.

Kaptein Pinky Tsinyane, ʼn polisiewoordvoerder, sê die polisie is verras oor hoe die rooftog uitgevoer is. “Ons probeer nog vasstel hoe die rowers inligting oor die slagoffers bekom het,” het Tsinyane gesê. “Die ondersoek duur voort om vas te stel hoe die verdagtes geweet het op watter vlug die slagoffers was, watter tyd hulle geland het en met watter voertuig hulle gery het.”

Die verdagtes moet Vrydag in die Heidelberg-landdroshof verskyn op ʼn aanklag van gewapende roof.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.