Mans in hof wat glo skoolseun (16) doodslaan

hofhamertjie-2-320x264Twee mans wat daarvan aangekla word dat hulle ʼn 16-jarige skoolseun doodgeslaan het, het Dinsdag in die Nelspruit-streekshof verskyn.

Mfaniseni Sammy Kubhayi (30) en Dumisani Sydwell Mashaba (26), albei van Mahushu naby Hazyview, is in Februarie 2009 in hegtenis geneem vir die moord op Dominic Maminza van Bhekiswayo.

Die hof het aangehoor dat Maminza omstreeks 22:00 op 10 Februarie by sy huis ontvoer is, nadat die mans hom verdink het dat hy Kubhayi se ma se handsak gesteel het. Die twee het hom na bewering vasgebind, waarna ʼn groep mense hom met hul vuiste en sambokke geslaan het. Maminza het op 17 Februarie in die hospitaal aan sy beserings beswyk.

Staatsaanklaer Simon Mamabolo het gesê getuies van Kubhayi se ma en die slagoffer se oupa dui daarop dat die verdagtes Maminza aangerand het.

“Bewyse van jou ma dui daarop dat jy die seun reg voor haar met jou kaal hande geslaan het, toe hy uitgevra is oor die handsak,” het Mamabolo gesê.

“Die oorledene se oupa het getuig dat hy sy kleinseun op 11 Februarie met toue vasgebind in ʼn kamer aangetref het. Die oupa het toe Kubhayi se ma gaan vra waarom die seun aangehou word. Kubhayi het uit die kamer gekom waar die seun aangehou is, en daarna weer na die kamer teruggekeer.”

Kubhayi het gesê die oupa jok en dat hy nie op 11 Februarie op die toneel was nie. “My ma het ook ʼn fout gemaak om my by die saak te impliseer, ek weet niks van die moord af nie,” het hy gesê.

Landdros André Geldenhuys het die saak tot 27 Januarie uitgestel. Albei verdagtes is uit op borgtog van R1 000.

– SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

amelia ·

Eben my vraag ook Moord is moord Staat kort seker weer geld Sekere mense moet mos nog altyd betaal vir alles en ander staan net bak handjies en dink die wittes moet net gee en gee

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.