Mans in JHB met R8 miljoen-vuurpylpunt betrap

Argieffoto.

Argieffoto.

Twee mans is Woensdagaand in hegtenis geneem nadat hulle met die kop van ʼn vuurpyllanseerder betrap is.

“Ons misdaadintelligensie-agente het op inligting reageer dat ʼn springstoftoestel in Johannesburg se middestad verkoop gaan word,” het lt.genl. Solomon Makgale, ʼn polisiewoordvoerder, gesê. “Die beamptes het ʼn Suid-Afrikaner en ʼn man van Mosambiek in ʼn grys Mercedes-Benz opgespoor, die voertuig deursoek en op die vuurpyllanseerderpunt, ter waarde van R8 miljoen, afgekom.”

Terwyl die polisie op die toneel was, het hulle ʼn tweede voertuig met drie mans voorgekeer en dié voertuig ook deursoek. Die mans het diamante by hulle gehad. Die mans in die tweede voertuig is na ʼn polisiestasie geneem om ondervra te word en die polisie het beslag gelê op die diamante.

Makgale het gesê dit is nog nie duidelik of die twee sake met mekaar verband hou nie.

Die twee mans wat in verband met die vuurpylpunt in hegtenis geneem is, moet Maandag in die Johannesburgse landdroshof verskyn op aanklag van die onwettige besit van springstof.

Makgale het gesê die ondersoek duur voort en dat meer inhegtenisnemings verwag kan word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

D.Momberg ·

Jis dis darem ‘n wolhaarstorie die ! WAAR kom julle asn 8 miljoenrand ???

Robbie ·

Jip absoluut snert R8M, hoe dit ook al sy hoop die koper se doel was Sanral Hahahahaha

Mias Olivier ·

Haha, R 8 miljoen !!! Seker R8 000, miskien. Die diamante kon dalk 8 mil gewees het, maar nie daai ou projrktielietjie nie.

Mias Olivier ·

Haha, R 8 miljoen !!! Seker R8 000, miskien. Die diamante kon dalk 8 mil gewees het, maar nie daai ou projektielietjie nie.

Eben ·

En die diamante …. in wie se sak gaan die beland. Is daar rekord aangeteken wat dit werd mag wees.

Dankie Robbie …. jy sit n smile op my gesig!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.