Mans met kokaïen van R200 miljoen betrap

Die Kuswag se boot wat die twee mans aangekeer het

Die Kuswag se boot wat die twee mans aangekeer het

Staatsaanklaers van Boston in Amerika het gesê twee mans staar dwelmklagtes in die gesig nadat hulle op ‘n seiljag met kokaïen ter waarde van $20 miljoen (sowat R200 miljoen) betrap is.

Die Kuswag het Hicham Ramzi Nahra (27) van Kanada en Benjamin Celma-Sedo (49) van Spanje in internasionale water sowat 400 seemyl oos van die Amerikaanse kus, aangekeer. Die twee mans is Vrydag aangekla van die onwettige besit van kokaïen met die doel om daarmee handel te dryf.

Volgens die staatsaanklaers was daar ongeveer 620kg kokaïen op die seiljag. Die mans was glo onderweg na Montreal, Kanada.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

vuurvreter ·

More seg net, as dit in Suid Afrika was sou dit R20 miljoen gewees het, die ander R180 miljoen sou net verdwyn het en jy weet tog wie sou dit gesteel het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.