Mans met olifanttande betrap

Argieffoto

Vier mans is Dinsdagaand in die Noord-Kaap in hegtenis geneem nadat beweerde onwettige olifanttande in hul besit gevind is.

Kapt. Philani Nkwalase, provinsiale woordvoerder van die Valke, het Woensdag gesê die verdagtes is omstreeks 23:30 in hegtenis geneem nadat die voertuig waarin hulle gery het op die N14 tussen Upington en Olifantshoek gestop en deursoek is.

“Altesaam agt olifanttande is in hul besit gevind. Lede van die Valke het op die tande en die voertuig beslag gelê,” het Nkwalase gesê.

Nkwalase het gesê die verdagtes is tussen 34 en 40 jaar oud. Twee van die mans is Suid-Afrikaners en twee is van Botswana.

Die verdagtes moet Donderdag in die Olifantshoek-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.