Mans met onwettige vuurwapens betrap

Argieffoto

Vier mans is in KwaZulu-Natal in hegtenis geneem vir die besit van ongelisensieerde vuurwapens en gesteelde voertuie.

“Die polisie het die mans tussen Sondagaand en Maandagoggend in hegtenis geneem. Hulle is in Ozwathini op pad na Ballito in hegtenis geneem,” het kol. Jay Naicker, woordvoerder van die polisie, gesê. Die polisie het ‘n 9mm-magasyn met 15 rondtes ammunisie in hul besit gevind. Die Mazda Sting is in September in Mandeni as gesteel aangemeld.

‘n 31-jarige man is by die eilandgebied van Ozwathini vir die onwettige besit van ‘n R5-vuurwapen met drie rondtes ammunisie en ‘n tuisgemaakte haelgeweer in hegtenis geneem. ‘n Audi A4 is ‘n week gelede in Ballito as gesteel aangemeld. Dié voertuig is ook in die man se erf opgespoor asook ‘n Nissan 1400-bakkie en motorfietse.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.