Mans met plofstof betrap

Argieffoto

Twee mans is in Johannesburg in hegtenis geneem nadat plofstof in hul besit gevind is.

Hoofsuperintendent Wayne Minnaar, woordvoerder van die Johannesburg-metropolisie, het Maandag gesê beamptes het Sondag ʼn wenk van die publiek ontvang dat twee mans in ʼn wit Hyundai onderweg is om ʼn OTM in Sebokeng op te blaas.

“ʼn Voertuig wat die kar se beskrywing pas, is op die R29-pad afgetrek. Die voertuig is deursoek en die metropolisie het op 27 stokke dinamiet beslag gelê,” het Minnaar gesê.

Twee mans, onderskeidelik 27 en 28 jaar oud, is in hegtenis geneem en moet binnekort in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.