Mans steeds soek wat boer doodskiet

Die groep mans wat Johan van Rensburg, ʼn boer van Limpopo, Woensdagoggend in sy bed doodgeskiet en sy vrou ernstig gewond het, is nog op vrye voet.

Vyf mans is wel vroeg Donderdagoggend in verband met die voorval ondervra, maar is later vrygelaat. Kolonel Ronel Otto, ʼn polisiewoordvoerder, het Donderdagmiddag aan Maroela Media bevestig die mans word nie met die moord verbind nie en niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Van Rensburg (77), van die plaas Cosmopolite naby Baltimore in die Tolwe-omgewing, is doodgeskiet en sy vrou, Glaudien (65), ernstig gewond. Sy het langs haar man gelê en is drie keer in die bors geskiet. Sy is in Limpopo se Mediclinic in ʼn bedenklike toestand.

Klik hier vir meer inligting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.