Mans verdrink toe hulle glo nie vir ‘dienste gelewer’ wou betaal nie

Twee prostitute van Mzuzu, Malawi, wat van die moord beskuldig word op twee kliënte, wat glo nie betaal nie, het hulself Donderdag aan die polisie oorgegee.

“Die twee het hulself aan ‘n polisie-eenheid oorgegee toe hulle besef hulle word gesoek,” het Norah Chimwala, woordvoerder van die polisie in Malawi, gesê. Florence Khoko en Mphatso Chanza, beide 17 jaar oud, word daarvan beskuldig dat hulle twee kliënte in ‘n dam verdrink het. Die kliënte was glo onder die invloed van alkohol en het geweier om te betaal.

Khoko en Chanza sal binnekort in die hof verskyn op aanklag van moord wat moontlik tot die doodstraf kan lei. Die polisie was sedert die naweek op soek na die twee vroue.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.