Mantashe: ‘E-tol nie ‘n gogga nie’

tol-300x19911Mense moet die e-tolstelsel nie as ʼn pes beskou nie maar eerder die wêreldklas-infrastruktuur wat daardeur moontlik gemaak word waardeer, het Gwede Mantashe, sekretaris-generaal van die ANC, gesê.

“Mense moet nie van e-tol ʼn gogga maak nie,” het Mantashe tydens ʼn politieke byeenkoms in Wedela buite Carletonville gesê. “Dit is nie ʼn gogga nie maar ʼn meganisme vir die befondsing van wêreldklas-infrastuktuur.” Mantashe sê Gauteng is ʼn “slim provinsie” en dat die infrastruktuur dit maklik maak om tussen Pretoria en Johannesburg te pendel en dat mense om dié rede “daarvoor moet betaal.” Mantashe sê die debat rondom die e-tolstelsel is “steriel” en moet opgehef word. “Kom ons hef die debat op na die wêreldklas-infrastruktuur.” Mantashe sê mense was ook weerstanding tydens die begin van infrastruktuurverbeterings en -opgraderings soos die Gautrein en die Rea Vaya-busdiens. Hy sê mense maak nou van die dienste gebruik nadat hulle agtergekom het dat dit reistyd verminder en ʼn verbetering in openbare vervoerdienste tot gevolg gehad het. “Om uit te kom by die provinsie waarvan ons droom, beteken dit ʼn hoër lewensstandaard en ʼn hoër lewenskoste.” Mantashe sê die e-tolstelsel sal nie ʼn invloed op voedsel- en brandstofpryse hê nie aangesien dit deur die prys van ru-olie beïnvloed word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Dink net bietjie ·

Dit is nie n pes of gogga nie maar ‘n riller en nog ‘n .manier van die regering om geld uit die reeds vuisvoos belastingbetaler te tap. Dit om hulleself en buitelandse maatskappye te bevoordeel.

BlinkStefaans ·

Die ou grapg@t, ek gaan nog steeds nie n skyfie koop nie! haha

leon ·

Ja hulle is slim. Slim om die arme mense se geld te steel vir hulle uitspattige lewe. Nee wat hulle ken elke manier van skelm wees. Die eToll is niks anders as bedrog nie.

PIET ·

WIE DINK DIE GOGGA GLO HOM. DIE PAD TUSSEN JHB EN PTA BSTAAN AL VIR JARE EN DIESELFDE PROBLEME IS ELKE DAG OP DIE PAD. ETOL GAAN NIE DIE VERKEERS VLOEI VINNIGER MAAK OF PROBLEME OP LOS NIE. NIE ALMAL SE IK IS GELYK AAN DIE ANC KADERS SIN WAT MET N KOMMA BEGIN NIE. NOG STEEDS SAL EK NIE EEN KOOP NIE.

Griet ·

“…die e-tolstelsel sal nie ʼn invloed op voedsel- en brandstofpryse hê nie aangesien dit deur die prys van ru-olie beïnvloed word….. ” Die maaskappye wat die goedere (brandstof en voedsel) na Gauteng vervoer KAN nie die tolgelde self absorbeer nie, dit is beryfskoste wat na die gebruiker deurgegee SAL word. Word wakker idioot!!

Net ‘n ander vorm van terrorisme, met trots aangebied deur die ANCancer.

JG BRESLER ·

Geen invloed op kospryse???? Nou gaan die vragmotors wat kos vervoer nie e-tol betaal nie. EK haat dit as die klomp narre dink ons is dom! intussen is hul die dommes!!! Hie-hie. Wonder hoeveel geld gaan Gwede in sy sak druk, aangesien hul kredietkaarte nou “weggevat” is??? Ek gaan nogsteeds, beslis, definietief, geensins n skyfie koop nie!!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.