Mantashe: ‘Vier Mandela se lewe’

Nelson Mandela. Foto: SAPA

Nelson Mandela. Foto: SAPA

Mense moet nie net rou oor die dood van oudpresident Nelson Mandela nie maar sy lewe vier, het Gwede Mantashe, sekretaris-generaal van die ANC, Sondag by ʼn biddiens in die Oos-Kaap gesê.

“Ons vier meer as wat ons rou want dit was ʼn lewe wat ten volle geleef is,” het Mantashe by ʼn biddiens by die Ngangelizwe Rotary-stadion in Mthatha gesê. “Die wêreld waarin ons vandag leef is soveel beter as wat dit 20 jaar terug was danksy Mandela wat ons na die beloofde land gelei het.” Hy sê die ANC sal voortgaan om op die suksesse van die afgelope 20 jaar te bou. Nagenoeg 6 000 mense het die diens bygewoon. Die diens is een van drie wat vandag in die provinsie plaasvind en deur verskeie ANC-leiers bygewoon sal word.

Duisende mense het Sondagoggend in die onderskeie provinsies byeengekom vir gebedsdienste ter herdenking aan Mandela wat Donderdag by sy huis in Houghton, Johannesburg oorlede is. In Johannesburg het president Jacob Zuma ʼn gebedsdiens by die Bryanston Metodiste Kerk bygewoon. Winnie Madikizela-Mandela, Mandela se eksvrou, Mandla Mandela, sy kleinseun, Paul Mashatile, minister van kuns en kultuur en die TV-persoonlikheid Dali Thambo het ook die diens bygewoon.

In KwaZulu-Natal het verskeie ANC-leier ʼn gebedsdiens by die Durban Christian Centre Jesus Dome bygewoon. ʼn Foto van Mandela is op die verhoog vertoon. ‘n Gebed vir Mandela is gevolg deur die sing van die volkslied.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Elize Mans ·

Die hele wereld is lam gele a.g.v Mandela se dood.Die RSG saai vanaf die 6 de Desember,net Mandela uit,geen nuus,geen stories,geen niks.

Wat te erg is darem wraggies te erg.

carel ·

Wees bly daars darm geen moord ,verkragting,plaasmoord of bedrog noe.almal gedra hule SO mooi!!!!!!!!!tot regering gedra hule

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.