Manyi beveel Busa om swart kandidaat aan te stel

Die regering se woordvoerder en president van die Black Management Forum (BMF), Jimmy Manyi, het volgens berigte ongenooid by ʼn vergadering van Besigheidseenheid Suid-Afrika (Busa) opgedaag en beveel dat ʼn BMF kandidaat as die eenheid se nuwe uitvoerende hoof aangestel word.

Manyi het glo daarop aangedring om die vergadering toe te spreek waarna ht gesê het die BMF sal ʼn lys van twee of drie name saamstel waaruit Busa ʼn nuwe uitvoerende hoof kan kies. Busa het glo ʼn paar dae later die lys ontvang. Volgens die brief het die BMF gedreig dat hy geen ander kandidaat sal ondersteun nie en dat Busa se optrede in die verband enige verdere deelname van die BMF by die eenheid sal bepaal. Manyi wou nie kommentaar lewer oor die berigte nie. Busa sal na verwagting later vandag ʼn mediakonferensie hou waar hy sy nuwe uitvoerende hoof sal aankondig na die posisie vakant gelaat is toe Jerry Vilikazi maandag bedank het.

 

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.