Margaret Thatcher, die Ystervrou, sterf

Barones Margaret Thatcher

Margaret Thatcher (87) het Maandagoggend weens ʼn beroerte gesterf.

Here Bell, haar woordvoerder, het dit pas aan die Press Association bevestig.

“Dit is met groot hartseer dat Mark en Carol Thatcher aankondig dat hul ma, barones Thatcher, vreedsaam gesterf het ná ‘n beroerte vanoggend,” het Bell gesê.

Bell het gesê ʼn volledige verklaring sal binnekort uitgereik word.

Thatcher was bekend as die Ystervrou. Sy was ‘n Britse politikus en die enigste vrou wat die pos as Eerste Minister in Engeland beklee het. Sy was van 1979 tot 1990 in dié amp.

Lees die opvolgberig heir.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.