Margaret Thatcher gaan soos Diana, koninklike moeder vereer word

Barones Margaret Thatcher

Margaret Thatcher, die “Ystervrou” van Engeland wat Maandag gesterf het, gaan volgende week ʼn volle seremoniële begrafnis kry. 

Dié soort begrafnis is ook aan prinses Diana en die koninklike moeder gegee en is slegs ‘n stappie laer as ‘n staatsbegrafnis wat aan monarge en die Tweede Wêreldoorlog premier Winston Churchill, verleen is. Die datum hiervoor is egter nog nie bekend gemaak nie.

Maroela Media het gister berig Thatcher (87) het weens ʼn beroerte gesterf. Here Bell, haar woordvoerder, het gesê: “Dit is met groot hartseer dat Mark en Carol Thatcher aankondig dat hul ma, barones Thatcher, vreedsaam gesterf het ná ‘n beroerte,” het Bell gesê. Sy het in die Ritz Hotel in Londen gebly toe sy gesterf het.

Huldeblyke van regoor die wêreld van die publiek, leiers en bekendes stroom steeds in. Rooi, wit en blou-landsvlae hang halfmas by Buckingham-paleis, die Huise van die Parlement en die Eerste Minister se amptelike woning in Downingstraat. Roubeklaers het ook begin om ruikers buite Thatcher se huis te plaas.

Intussen is bekendgemaak dat die eerste deel van Thatcher se goedgekeurde biografie onmiddellik na haar begrafnis uitgegee sal word.

Thatcher was bekend as die Ystervrou. Sy was ‘n Britse politikus en die enigste vrou wat die pos as Eerste Minister in Engeland beklee het. Sy was van 1979 tot 1990 in dié amp.

Lees ook:
Nuuskommentaar: Eras van Thatcher en Mandela
Margaret Thatcher, die Ystervrou, sterf

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.