Margaret Thatcher (87) sterk aan na ‘n klein operasie waartydens ‘n gewas van haar blaas verwyder is.
Thatcher, wat van 1979 – 1990 Brittanje se enigste vroulike premier was, het die bynaam, Ystervrou, verwerf weens die wyse waarop sy die magtige vakbonde aangedurf het terwyl sy haar beleid van privatisering deurgevoer het. Sy het ook teen Argentinië oorlog gevoer toe die Argentyne die Falklandeilande kortstondig teruggevat het.
Thatcher het selde in die openbaar verskyn na sy in 2001 en 2002 ligte beroertes gehad het. Sy ly ook aan Alzheimer se siekte.