Margate-dodetal styg tot 12

netcare1Die departement van vervoer in KwaZulu-Natal het Donderdag bevestig 12 mense het gesterf in ʼn ongeluk tussen ʼn minibustaxi en ʼn bakkie naby Margate.

Nege mense is Woensdag op die toneel dood en drie ander het in die hospitaal gesterf, het die departement in ʼn verklaring gesê.

Die twee voertuie het mekaar Woensdagaand op die R61 reg van voor getref.

Willies Mchunu, LUR vir vervoer, het gelas dat ʼn forensiese ondersoek gedoen moet word om die oorsaak van die ongeluk te bepaal. Hy het sy medelye betoon met die betrokke families.

Die Padverkeersbestuurkorporasie (RTMC) het Dinsdag bevestig dat 1 184 mense landswyd in 987 padongelukke tussen 1 en 30 Desember omgekom het.
-SAPA

Lees ook:
Margate-ongeluk eis 9

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Meneer ·

Ek verstaan nie? Waarom ‘n ondersoek? Om wat mee te bereik? Dit was mos nou ‘n ongeluk, kop aan kop. Sou daar byvoorbeeld bevind word dat A of B roekeloos was, hoe gaan dit enigsins C of D verhoed om roekeloos te wees? Geld mors.

GawieM ·

Meneer so wat jy se die mense kan maar ongelukke maak en daar moet geen ondersoek wees nie. A kan maar vir B doodskiet en dit moet nie ondersoek word nie want dit sal nie keer dat C vir D doodskiet nie? Hoe redeneer jy vriend?

Eben ·

GawieM … ek stem saam Mnr, dis geld mors, maar die forensiese ondersoek moet gelas word om te bepaal hoekom was daar net 9 dood met die ongeluk en die ander 3 in die hostipaal, en hoekom was die taxi halfvol gewees?

As die skaduwee-soekers meer op die pad is en nie net Mozambique moters (N4 rigting Komatipoort) aftrek vir n vinnige geldjie sal dit ook beter gaan.

Meneer ·

Nie so ingewikkeld nie, regtig. Die vraag hier is om wat mee te bereik. Goed, hier het ons nou uitslae na ‘n ondersoek. Fantasties. Wat word dan met daai verslag gedoen? Voel die owerhede dan hulle het iets gedoen? Gaan hulle agter hulle spoedkameras uitklim en lisensies en voertuie nagaan? Ek hoop van harte dat hulle wel iets sal bereik en ek sal hartlik om verskoning vra indien wel.

Peter Says ·

minibus taxis, is die slagters op ons paaie. 90 % van die sterftes op die paaie is minibus taxi verwant.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.