Margate-ongeluk eis 9

netcare911

Argieffoto

Nege mense is dood toe ʼn minibustaxi en ʼn bakkie mekaar Woensdagaand reg van voor in Margate, KwaZulu-Natal getref het.

“Ses mense is kritiek beseer en agt het ernstige beserings opgedoen,” het Chris Botha, woordvoerder vir Netcare911, gesê.

Die ongeluk het op die R61 naby Margate plaasgevind.

Van die beseerdes was vasgekeer in die wrak en paramedici het hulle stabiliseer terwyl brandbestryders hulle met toerusting uit die wrak gesny het. Hulle is na verskeie hospitale geneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Ivan ·

Verstaan ek reg? 9 dood, 8 ernstig beseer en 6 kritiek. Dit is 23 mense in net 2 voertuie.

Sune van Heerden ·

Dagsê Ivan

Dit is korrek volgens die inligting wat ons ontvang het.

Groetnis
Suné
Maroela Media

GawieM ·

Dit is verbasend of ongewoond hieraan nie. Kry hulle elke dag op al die land se paaie.

Ria Maritz ·

Leer sal hulle nooit leer – al sit hulle soos sardientjies ingeryg !

Leana ·

Wonder wat die grootste skuld hiervan moet kry, petrol, alkohol, spoed of roekeloosheid.

Mag ek weet waarom my kommentaar eers gemodereer moet word, of is dit van toepassing op almal ?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.