Margate-vrou verkrag en vermoor

Janetta Lorraine van der Walt, ʼn 60-jarige voormalige ouditeur, is Dinsdagaand by haar huis in Margate, KwaZulu-Natal, verkrag en vermoor, het Beeld Donderdag berig.

“Die slagoffer is dood nadat sy met ʼn skerp voorwerp in haar nek gesteek is,” het kapt. Gerald Mfeka, ʼn polisiewoordvoerder, aan die dagblad gesê.

Van Der Walt, ʼn voormalige ouditeur van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens in Durban, Springs en Alberton, is verkrag voor sy vermoor is.

Sy en haar suster het televisie gekyk toe sy buite toe gegaan het om ondersoek in te stel nadat sy ʼn geraas gehoor het. Haar suster het gesien hoe sy aangeval word en het hulp ontbied.

Mfeka het mense gewaarsku om nie self ondersoek in te stel as hulle ʼn vreemde geraas buite hul huise hoor nie. “Bel eerder die polisie of druk ʼn paniekknoppie, maar moet nie buite toe gaan nie,” het hy gesê.

– SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Stoere Boer ·

“Haar suster het gesien hoe sy aangeval word en het hulp ontbied.” En die vark het nog genoeg tyd gehad om haar te verkrag en te vermoor voor daar hulp gekom het.

Paul ·

En ons mense bly maar onverantwoordelik, ons het nie meer daardie vryheid wat ons gehad het nie dus moet ons in alle opsigte sovêr moontlik bedagsaam en waaksaam wees. Dit is verskriklik tragies wat met haar gebeur het, dink net hoe vreesbevange haar suster moes wees. Sterke vir haar en die res van die familie.

Trippie ·

“Bel eerder die polisie of druk ʼn paniekknoppie” … ASSEBLIEF TOG, dis te sê as hul enigsins hul fone antwoord. Wat die paniekknoppie aanbetref, bure reageer nie eers meer nie, NIE EERS as hul eie honde blaf in die middel van die nag nie.

Meer kriminele buite die tronk as daar binne – dis nou in die “Nuwe Verbeterde” Suid-Afrika !

R HENN ·

waar is piet croukamp nou hy sal seker lekker kry, hy haat mos die afrikaner, die hond……..arme vroue,hoe barbaars is die swart nasie darem en croukamp

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.