Marikana-bloedbad: Staatsbefondsing vir families en slagoffers

hofhamertjie-2-320x264Die hooggeregshof in Johannesburg het Maandag bevind dat die mynwerkers wat verlede jaar se skietery by Lonmin se Marikana-myn oorleef het en die families van diegene wat dood is, befondsing van die staat moet ontvang om te betaal vir hul regsverteenwoordigers vir die Farlam-kommissie van Ondersoek, het die SAUK Maandag berig.

Die mynwerkers en familielede kon hulself nie tydens die kommissie verteenwoordig nie, weens ‘n gebrek aan befondsing.

Volgens die uitsaaier het die staat aangevoer dat dit ongrondwetlik en onwettig sal wees om bystand aan elke private persoon te verleen. Die hof het egter in Dali Mpofu, wat die aansoek namens die mynwerkers ingedien het, se guns beslis.

Die kommissie ondersoek die omstandighede van die dood van 44 mense tydens verlede jaar se onwettige staking. Altesaam 34 mynwerkers is op 16 Augustus glo deur die polisie tydens ʼn gewelddadige optog doodgeskiet, terwyl 10 mense, onder wie twee polisiemanne en twee veiligheidswagte, die voorafgaande week gesterf het.

– SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Griet ·

Wat de…..?!?!? Hierdie is ‘n Kommisie van ONDERSOEK, nie ‘n hofsaak nie! Waarvoor het enigeiemand REGSVERTEENWOORDIGING nodig?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.