Marikana-families dagvaar polisie

Foto: Taurai Maduna/EWN

Families van die mynwerkers wat tydens die Marikana-bloedblad doodgeskiet is, gaan die polisie dagvaar. Altesaam 34 stakende mynwerkers is verlede jaar op 16 Augustus by Lonmin se Marikana-myn deur die polisie doodgeskiet.

Die Socio Economic Right Institute (Seri) het Vrydag gesê die families eis elk sowat R1 miljoen van Nathi Mthwetha, polisieminister, en Riah Phiyega, polisiekommissaris. “Die families van die oorledenes eis vir ʼn verlies van ondersteuning en algemene skadevergoeding. Dit mag selfs meer as R1 miljoen wees,” het Nomzamo Zondo, ʼn prokureur van Seri, gesê. Zono sê die meeste mynwerkers wat doodgeskiet is, was die families se broodwinners.

Kennisgewings is reeds aan die polisie gestuur. As die gesinne nie binne 30 dae betaal word nie, gaan Seri die polisie voor die hof daag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.