Marikana-herdenking glo kalm

Mense herdenk verlede jaar se Marikana-bloedbad. Foto: AJE Live / Twitter

Die Noordwes-polisie het Vrydagmiddag gesê die situasie is kalm waar duisende mense byeengekom het om die Marikana-bloedbad van 16 Augustus 2012 te herdenk.

Brig. Thulani Ngubane, ʼn polisiewoordvoerder, het gesê die polisie en die Rustenburgse verkeersafdeling is op hoë gereedheid geplaas om seker te maak dat daar nie geweld by die herdinking plaasvind nie. Dit kom te midde van spanning wat hoog loop tussen twee vakbonde en hul lede by Lonmin Platinum se Marikana-myn naby Rustenburg.

Amcu, wat tans as die meerderheidsvakbond by Lonmin erken word, het by die polisie toestemming gevra om die herdenking te hou, en dit is goedgekeur. NUM en die ANC het egter besluit om die herdenking te boikot. “Roubeklaers kom geleidelik saam by die herdenkingsplek en die atmosfeer is somber, maar kalm,” het Ngubane gesê.

Die polisie en verkeersafdeling is al van vroeg af op die toneel om die verkeer te reguleer en om seker te maak dat die verrigtinge in ʼn veilige omgewing plaasvind.

“Verskeie stappe is gedoen om seker te maak dat daar nie geweld uitbreek nie. ʼn Bus wat van Impala Platinum af gekom het, is vroeër vandag afgetrek en deursoek en die polisie het beslag gelê op nagenoeg 100 tradisionele wapens. Groepe mense wat die perseel betree word ook deursoek en mense wat wapens gedra het, is gevra om dit in te handig. Almal het sover op dié versoeke ag geslaan.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Trippie ·

Nou-ja toe, indien die bus nie deursoek was nie, sou hulle met die wapens die verrigtinge bygewoon het, OM WAT MEE TE MAAK ?

Seg Net ·

Wat ‘n teleurstelling!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Trippie ·

Nie so haastig nie, die dag is nog ‘n embrio. Dit sal sowaar ‘n wonderwerk wees indien daar GEEN “ongeval” aangemeld word nie.

Seg Net ·

Lyk my dit is daar net so rustig as op die forums. Gaan so te seg niks aan nie. Maroela sal plan moet sien, hulle nuus is baie meer op die bol as die op Praag, maar in my oe nie gebruikers vriendelik nie. Hier is baie plek vir baie verbeteringe.
Ek het wel aan Maroela se Bestuurder, Susan versoeke gerig, maar volgens haar kla die mense nie, so indien ons veranderings wil sien rig dit wat julle voorstel of op die forum wil sien aan Susan. Bv. mens kan nie jou kommentaar verwyder of regstel nie, profiel foto of avatar?, hou van of nie, ens.

Trippie ·

Stem ten opsigte van verandering, maar ASSEBLIEF NIE die ewige op- en afduime nie.

17h00 nuus op Jacaranda GROOTBEK Malema se stem gehoor, ideale kandidaat op die massa op te stook.

Seg Net ·

Stem saam met die duim GOOIERY, het dit net genoem, aangesien dit blyk dat dit die eerste ding is wat aan die kom is.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.