Marikana: Moordklagtes voorlopig teruggetrek

Foto: Taurai Maduna/EWN

Die nasionale vervolgingsgesag (NVG) het vanoggend aangekondig dat die moordaanklagtes teen 270 Marikana-mynwerkers voorlopig teruggetrek is.

Die NVG sê die besluit oor finale aanklagtes sal eers gemaak word wanneer die ondersoek voltooi is. Die mynwerkers sal ook voorwaardelik op waarskuwing vrygelaat word. Julius Malema, die geskorste ANC-jeugligaleier, het Donderdag buite die GaRankuwa landdroshof gesê dis “malligheid” dat die mynwerkers van moord aangekla word na die geweld by Lonmin se Marikana-myn. Die aanklagte is ook uit verskeie regsoorde gekritiseer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Frik Groenewald ·

As dit maligheid is om moordenaars van moord aan te kla, wat wil die Julius nou eintlik sê; dit is reg om ‘n groep mense bymekaar te roep, te betoog ‘n paar mense te vermoor en dan te verwag om daarmee weg te kom?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.