Marikana: Wapens glo geplant, hande vasgebind

Foto: Taurai Maduna/EWN

Die Farlam-kommissie van ondersoek na die Marikana-tragedie waartydens 34 mynwerkers doodgeskiet is, het gehoor dat daar wapens langs die lyke van die mynwerkers geplant is en dat van die mynwerkers se hande agter hulle rûe vasgebind was.

Die kommissie het gehoor dat Riah Phiyega, nasionale polisiekommissaris, geweet het dat daar ‘gepeuter’ is met een van die misdaadtonele waar die mynwerkers doodgeskiet is. Volgens Ismael Semenya vir die polisie het Phiyega sowat twee weke gelede hiervan uitgevind en onmiddellik ʼn ondersoek gelas. Dit het glo aan die lig gekom nadat foto’s wat die aand van 16 Augustus geneem is meer tradisionele wapens om die mynwerkers se liggame wys as ʼn dieselfde foto wat vroeër die dag geneem is. Semenya het verlede week getuig dat die misdaadtoneel moontlik deur paramedici onder verdenking geplaas is aangesien hulle glo gevra het om van die wapens te verwyder ‘om hulle werk te doen’. Dali Mpofu, regsverteenwoordiger vir die gewonde mynwerkers en die wat gearresteer is, het ook Maandag beweer dat van die mynwerkers wat doodgeskiet is se hande agter hul rûe vasgemaak was.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.