Mark Boucher kan sig terugkry

Boucher net ná hy verlede week in Suid-Afrika geland het. Foto: @nealcol/Twitter

Mark Boucher, ʼn voormalige paaltjiewagter van die Proteas, se dokters is vol vertroue dat hy sig in sy linkeroog sal terugkry.

Boucher het voorverlede week in Brittanje ’n noodoperasie aan sy linkeroog ondergaan ná ʼn fratsongeluk tydens die eerste dag van die Proteas se toer. Boucher het die besering opgedoen nadat ’n dwarsbalkie hom in die oog getref het. Hy het intussen ook sy uittrede uit internasionale krieket aangekondig.

Boucher het verlede Donderdag weer ʼn operasie ondergaan. Dr Peter Sandell het in ʼn verklaring gesê hy herstel na die operasie en sterk by die huis aan. Boucher sal in die volgende drie tot ses maande verdere operasies ondergaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.