Mark Esterhuysen se F-woord veroorsaak sosiale media opskudding

Mark Esterhuysen. Foto: Facebook

Net meer as ses dae gelede het die nuusleser, Mark Esterhuysen, ʼn opskudding veroorsaak nadat hy verskeie kere gedurende ʼn nuusbulletin op Talk Radio 702 gevloek het.

Die handelsmerk en reputasie analise maatskappy, Ornico, het ʼn opname van die bulletin op sosiale netwerke versprei. Volgens Ornico was Esterhuysen oornag ʼn sensasie en is die opname wat op www.twitvid.com/WSSUO beskikbaar gemaak is binne ses dae meer 128 000 keer geluister. Die opname is ook op Youtube geplaas waar dit reeds meer as 67 000 keer gekyk is. Die voorval het ook gesorg dat minstens 212 mediaberigte hieroor geskryf is. Die storie is onder meer gedra deur die Mail & Guardian, Indendent Online, Media24 en TimesLIVE. Die storie het ook internasionaal opslae gemaak nadat Reuters dit gedek het. Esterhuysen het ook nou 4 199 aanhangers op Twitter. Die uitvoerende hoof van Ornico, Oresti Patricios, sê dit wys onder meer die mag van sosiale netwerke en hulle invloed op nuusgebeure.

Esterhuysen, ʼn voormalige TuksFM aanbieder is steeds werkloos en volgens die Citizen geniet hy die ekstra rus.

– Luister hier na die uitsending (Waarskuwing: Die uitsending bevat krutaal).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.