Maroela Media se gewildste Taaltoffies vir 2013

taaltoffie fb 1

Taaltoffie

Hiermee Maroela Media se gewildste taalbrokkies uit ons afdeling, Taaltoffies, waar ons die herkoms van Afrikaanse uitdrukkings, idiome en woorde oplaai, gedigte publiseer en nuwe woorde bedink.

1. Die gewildste Taaltoffie was die herkoms van die woord “avokado”. Die oorspronklike betekenis van die woord laat ‘n mens sommer besluit om dit nooit weer te eet nie… Klik hier om meer te lees.

2. Die tweede gewildste Taaltoffie was Uys Krige se gedig, Ken jy die see? Klik hier om dié besonderse gedig te lees.

3. Gebruikers van Afrikaans het al kopgekrap oor die gebruik van “skarumba” in Juanita du Plessis se liedjie met dieselfde titel. Die betekenis van “skarumba” was Maroela Media se derde gewildste Taaltoffie vir 2013. Klik hier om te lees wat dit beteken.

Onthou dat jy gereeld op ons Taaltoffie-afdeling kan kom loer en selfs vrae kan kom vra oor die herkoms van Afrikaanse woorde en uitdrukkings, en saam kan bespiegel oor nuwe woorde. Jy kan ook by Taaltoffie se Facebook-blad aansluit om seker te maak jy bly op hoogte.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.