Maroela Media se gewildste video’s vir 2013

Jean-Claude van Damme in Volvo se advertensie

Jean-Claude van Damme in Volvo se advertensie

Hiermee Maroela Media se drie gewildste video’s vir 2013 uit die Vermaak & Leefstyl-afdeling, waar ons interessante nuusbrokkies, goeienuus-stories en video’s wat opslae maak op die internet, oplaai.

1. Die gewildste video was Volvo se advertensie met Jean-Claude van Damme, die bekende aksieheld. Van Damme wys met sy 53-jarige lyf hoe bestendig Volvo se dinamiesestuurstelsel is. Die beeldmateriaal in die video is werklik. Klik hier om die video te sien.

2. Tweede op die lys van gewildste video’s was ‘n foefie wat Maroela Media saamgestel het vir ons Groot Trek-veldtog in 2013. Adolf Hitler het te hore gekom daarvan dat Piet Retief na Dingane toe is sonder militêre ondersteuning. Die gort is behoorlik gaar. Kyk hier wat Hitler oor Retief se onbesonnenheid te sê het.

3. En die derde op dié ranglys is beeldmateriaal van ‘n leeu in die Kruger-wildtuin wat vyf meter hoog in die lug geslinger word toe hy deur ʼn buffel bestorm is. Klik hier om dié besonderse video te sien.

Onthou om gereeld te kom kyk watter nuwe stories ons vir jou in ons Vermaak & Leefstyl-afdeling opdis.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Peter Says ·

Aan almal by Maroela, my wense vir julle is n Fantastiese 2014, mag die voorspoed julle verveel. So ook aan almal op die forum.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.