Ma’s ontstoke oor hul “weeskinders”

Drie ma’s is ontstoke ná ‘n foto van hul kinders as “weeskinders” in ‘n plaaslike Mpumalanga-koerant verskyn het.

Die ma’s glo dat Miemie Mthethwa van Majika-aflaaisentrum naby Hazyview, kinders in die gebied gebruik as ‘n poging om donasies te ontvang, berig SowetanLIVE. In ‘n artikel wat op 22 Junie in die koerant publiseer is, het Mthethwa die gemeenskap om hulp gevra om ‘n kombuis te bou en onder andere ‘n yskas vir die sentrum aan te skaf.

‘n Duitse paartjie wat kos en klere geskenk het verskyn ook in een van die foto’s. Mthethwa bestuur ook ‘n dagsorgsentrum, maar daar was verlede week geen kinders nie, aangesien ouers nie meer hul kinders soontoe wil vat nie. Die sentrum is ook nie by die departement van maatskaplike ontwikkeling registreer nie. “Wat sy gedoen het maak ons seer. Hoekom gebruik sy ons kinders om geld, kos en klere te kry? Dit moet stop,” het een van die ouers, gesê.

Nog ‘n ouer het gesê dat hulle dit nie ontken dat hul kinders etes by die sentrum kry nie, maar hulle is nie weeskinders nie. “Sy misbruik mense se goedhartigheid. Sy steel by die armes,” het die vrou gesê.

Volgens Ronnie Masilela, woordvoerder van die departement, is die sentrum nie geregistreer nie en kwalifiseer dus nie vir befondsing van die departement nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.