Massabegrafnis vir 29 busongeluk-slagoffers

Foto: Lirandzu Themba ‏@LirandzuThemba / Twitter

Foto: Lirandzu Themba ‏@LirandzuThemba / Twitter

Die 29 mense wat dood is nadat ʼn bus vandeesweek op die berugte Moloto-pad teen ʼn vragmotor gebots het, gaan oor die naweek begrawe word, het die Mpumalanga se departement van gemeenskapveiligheid Donderdag gesê.

“ʼn Gedenkdiens gaan Vrydag gehou word en ʼn massabegrafnisdiens gaan Sondag by die Mashiding-skougronde gehou word,” het Joseph Mabuza, die departement se woordvoerder, gesê.

Dertig mense is ook ernstig beseer toe die Putco-bus en vragmotor Maandagaand naby Kwaggafontein gebots het.

Mabuza het gesê die ongeluk het gebeur weens ʼn vragmotor wat teen die agterkant van ʼn ander vragmotor vasgery en veroorsaak het dat die voorste vragmotor teen ʼn bus en nog ʼn voertuig, wat albei van Pretoria af gekom het, gebots het.

Die agterste vragmotor, wat ʼn vrag beet vervoer het, het die voorste vragmotor getref terwyl die voorste vragmotor stilgestaan het om vir aankomende verkeer te wag, voordat dit regs in ʼn pad sou draai.

Dipuo Peters, die minister van vervoer, het gesê ʼn taakspan is saamgestel om die ongeluk te ondersoek.

Lees ook:
Foto’s: Moloto-busongeluk: Putco, regering betuig meegevoel
PTA-busongeluk eis 29

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Nina ·

Wie betaal daarvoor? Ons? Want duidelik het die klip agter die stuurwiel weer soos ‘n moroon gejaag, Niks nuuts daar! WANNEER gaan die patetiese regering intree…. Wishful thinking …. *sug*

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.