Massamoordenaar kry 21 jaar tronkstraf

Anders Breivik. Foto: AFP

Die Noorweegse massamoordenaar, Anders Breivik, is 21 jaar tronk toe gestuur, maar sal langer aangehou word as bevind word dat hy nog ‘n gevaar vir die samelewing is.

Breivik het op 22 Julie verlede jaar ‘n bom voor ’n regeringsgebou in Oslo laat ontplof en is daarna na die eiland Utøya waar hy op kampgangers losgebrand het. Altesaam 77 mense het omgekom.

Die aanvanklike paneel wat Breivik ondersoek het, het bevind dat hy gestesongesteld is, maar ’n tweede paneel het hom wel toerekeningsvatbaar bevind. Die regters het besluit om hierdie bevindinf na te volg.

’n Kommissie van ondersoek het onlangs in ’n verslag van bykans 500 bladsye skerp kritiek op die polisie en selfs die premier uitgespreek. Die polisiehoof het hierna die tuig neergelê.

Tronkstraf van 21 jaar is die langste wat iemand in Noorweë opgelê mag word, terwyl gevaarlike misdadigers wél lewenslank in inrigtings aangehou kan word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.