Matie-broer en suster wen Dusi

Robyn en Lance Kime

Lance en Robyn Kime, broer en suster en studente van die Universiteit van Stellenbosch, het Saterdag geskiedenis gemaak toe hulle onderskeidelik die individuele mans- en dameswedrenne van die Dusi-kanomarathon in Durban gewen het.

“Dit het nog nie ingesink nie,” het die 21-jarige Lance vol vreugde gesê. “Ek het nog nie kans gehad om oor enigiets te dink nie.” Lance het die titel opgeraap voor Andrew Birkett, wat gehoop het om die kroon vir die vierde keer te dra, en die oornagleier, Sbonelo Zondi, wat die gunsteling was om die eerste swart roeier te word wat die wedren in sy 62-jarige geskiedenis sou wen. Hy het egter 14km voor die eindstreep uit sy kano geval.

Lance het die wedren binne 08:00.29 voltooi. Die 2005-wenner, Hank McGregor, was tweede (08:04.38) en Zondi (08:05.50) was derde nadat hy Donderdag en Vrydag die eerste twee fases van die marathon gewen het.
Robyn (22) het haar vierde titel ingepalm nadat sy die wedren in 09:07.16 voltooi het. Die vorige rekord was 09:25.36 wat in 2007 deur Abbey Ulansky opgestel is. Abby Adie (09:21.30) was tweede en Jen Theron (09:40.55) was derde.

Die Powerade Dusi kano-marathon word wêreldwyd as een van die moeilikste kano-wedrenne geag. Duisende roeiers neem aan die drie daglange 120km-wedren deel. Die wedren begin by Camps Drift naby Pietermaritzburg waar die deelnemers deur twee rivierstelsels, die Umsindusi en die Umgeni, moet roei. Die wedren eindig by die Blue Lagoon.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.