Die 22-jarige Reynard Strydom is met ernstige bors- en kopsbeserings in die Stellenbosch Medikliniek opgeneem waar hy aan sy beserings beswyk het. Maroela Media het gister berig dat paramedici van ER24 Woensdag in die vroeë oggendure ‘n oproep gekry dat ‘n student onder die brug naby die biblioteek lê. Strydom het sowat 6m ver geval. Dit is egter nog nie duidelik wat presies gebeur het nie. Toe paramedici op die toneel gekom het, was daar geen ander student in sig nie. Die polisie ondersoek die saak.
Matie-student oorlede na hy van brug val
ondersteun maroela media só
Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.
Het jy gehoor?
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.