Matie-student oorlede na hy van brug val

Stellenbosch Kampus Foto: US

Die Matie-student wat van ‘n brug geval het naby die Neelsie-studentesentrum, is Woensdagmiddag oorlede.

Die 22-jarige Reynard Strydom is met ernstige bors- en kopsbeserings in die Stellenbosch Medikliniek opgeneem waar hy aan sy beserings beswyk het. Maroela Media het gister berig dat paramedici van ER24 Woensdag in die vroeë oggendure ‘n oproep gekry dat ‘n student onder die brug naby die biblioteek lê. Strydom het sowat 6m ver geval. Dit is egter nog nie duidelik wat presies gebeur het nie. Toe paramedici op die toneel gekom het, was daar geen ander student in sig nie. Die polisie ondersoek die saak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.