Maties ondersoek finansiële wanbestuur

Die Verteenwoordigende Studenteraad (VSR) by die Universiteit van Stellenbosch het Vrydag gesê hy ondersteun ten volle ‘n ondersoek na die beweerde finansiële wanbestuur van sy studentegeldedepartement.

Chris de Beer, die adjunk direkteur van die departement, is geskors weens die beweerde bedrog, berig EWN. Die universiteit se VSR sê hy kan nie die besonderhede van die saak bekendmaak alvorens ‘n formele dissiplinêre verhoor afgehandel is nie. Volgens Mohammed Shaikh, ‘n woordvoerder vir die universiteit, sal De Beer se verhoor handel rondom bewerings dat hy nie aan die universiteit se reëls en finansiële prosedures voldoen het nie. Daar word beweer dat hy fondse uit studenterekeninge na ‘n persoonlike rekening oorgeplaas het om rente te verdien.

Die universiteit weier ook om besonderhede oor die saak bekend te maak en het slegs De Beer se skorsing bevestig.

In ‘n verklaring wat aan Eyewitness News uitgereik is, het die VSR gesê hy veroordeel die misbruik van studentegelde, veral gedurende moeilike ekonomiese tye. Die VSR versoek dat stappe gedoen moet word teen enigiemand wat homself hieraan skuldig maak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.