Maties vra om verskoning vir apartheid

Dagbreek-huiskomiteelede (v.l.n.r.) Pieter le Roux, Jacobus Toua, Patrick Zangwa & Sybrand Engelbrecht Foto: David Harrison, M&G

Dagbreek, ʼn manskoshuis van Stellenbosch, aanvaar verantwoordelikheid vir die gebeure van die verlede en vra namens die instansie om verskoning vir dít wat tydens die apartheidsjare gebeur het.

ʼn Mosiekomitee wat deur Dagbreek op die been gebring is, het bekendgemaak dat studente van Dagbreek in 1939 tydens ʼn gewelddadige onderdrukkingsaksie mense en hul huise in “bruin en swart gemeenskappe” aangeval het en na die tyd geweier het om hul wapens aan die regering te oorhandig, berig die Mail & Guardian.

Die inwoners van Dagbreek sê hulle aanvaar volle verantwoordelikheid vir dié gebeure en die koshuis se betrokkenheid en wil graag om verskoning vra vir “ons ongehoorsaamheid en liefdeloosheid wat tot ons aksies gelei het”.

Die studente glo dat die voorvalle ʼn platform vir politici soos Hendrik Verwoerd en John Vorster gebied het om die apartheidsteologie te wettig.

“Genesing en herstel sal nie gebeur indien ons nie om vergifnis en om verskoning vra vir apartheid nie,” het Pieter Nel (22), die huidige primarius van die koshuis, gesê. Verwoerd en Vorster was beide koshuisstudente in Dagbreek (voorheen bekend as die John Murray-huis) en het leierskapsposisies tydens hul studentedae beklee. Verwoerd, wat van 1958 tot sy sluipmoord in 1966, die Eerste Minister van Suid-Afrika was, word wyd erken as die man wat die saadjie vir apartheid geplant het en op die been gebring het. Sy opvolger, John Vorster, wat apartheidsbeleide streng toegepas het, was uiteindelik die president van Suid-Afrika.

Die komitee, onder leiding van Nel, het die 91-jarige koshuis se geskiedenis nageslaan en met die Mail & Guardian in verbinding getree om te sê dat hy graag om verskoning wil vra en verantwoordelikheid vir sy rol tydens apartheid wil opneem.

Die studente sê hulle is deur oudpolisieminister Adriaan Vlok inspireer. Hulle het Vlok verlede week ontmoet nadat hy ʼn toespraak in Kaapstad gelewer het waar hy oor vergifnis oor apartheidsaksies gepraat het.

Die studente het onderneem om voortaan aan Suid-Afrika te bou, en dat hulle leierskap in alle sfere sal verskaf, nie net ekonomies nie, maar ook teologies, en dat hulle nie meer ʼn gees van apatie jeens die Republiek van Suid-Afrika sal koester nie. “Ons gaan aktief aan ʼn visie werk om die land te ondersteun en te bou. Ons onderskryf die beginsels van respek, kameraadskap, geregtigheid, vriendelike samewerking, wedersydse vertroue en integriteit.”

Klik hier om die volledige berig te lees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

10 Kommentare

jongste oudste gewildste
Anita Groenenstein

Ag siestog!! Hoe aandoenlik!! Daar gaan nog ‘n dag kom wat julle om verskoning gaan vra vir julle patetiese ruggraatloosheid!

Miemie Fick

As julle wil gatkruip, doen dit in stilte asb!!!!!!!!! Ek is seker daar is duisende wat NIE julle ‘sentiment’ deel nie! Julle is skandelik!!!!

frikkie

En hulle noem hulleself studente? die idiote was nog nie eers gebore toe die ANC die land oorgevat het nie, hoe kan hulle namens ander praat. Ek was 33 toe apartheid geeindig het en ek is jammer dit het geeindig. So gaan dit in n land waar idiote wil praat namens wyses.

Karlinka Bismark

Skande op skande vir julle ! En verseker praat julle nie namens ons as oud Stellenbossers wat diep spore daar getrap het nie. So please exclude me and all my friends van julle patetiese gebaar. Sien nie dat die swart jeug om verskoning vra vir die duisende moorde op ons eie mense nie. Ek skaam my vir julle.

paul42

DODETAL SYFER VANAF 1994 Hoeveel blankes is vermoor deur swartes sedert die einde van Apartheid? Nagenoeg 68 798 wit Suid-Afrikaners is vermoor sedert 1994 in rasgemotiveerde haat moorde. Meer as 4041 wit Kommersiële Boere is in dieselfde tydperk vermoor. Hierdie moorde is brutaal, die aanvallers spaar niemand nie, kinders en babas ingesluit. Vrouens word verkrag en dan vermoor – en in meeste gevalle word min artikels vermis – indien enige. Die ANC is tans besig om die manier waarop hierdie sake gerapporteer word, te wysig. Binnekort mag RAS nie aangedui word in die moorde nie, wat dit onmoontlik gaan maak… Lees meer »