Maties vra om verskoning vir apartheid

Dagbreek-huiskomiteelede (v.l.n.r.) Pieter le Roux, Jacobus Toua, Patrick Zangwa & Sybrand Engelbrecht Foto: David Harrison, M&G

Dagbreek, ʼn manskoshuis van Stellenbosch, aanvaar verantwoordelikheid vir die gebeure van die verlede en vra namens die instansie om verskoning vir dít wat tydens die apartheidsjare gebeur het.

ʼn Mosiekomitee wat deur Dagbreek op die been gebring is, het bekendgemaak dat studente van Dagbreek in 1939 tydens ʼn gewelddadige onderdrukkingsaksie mense en hul huise in “bruin en swart gemeenskappe” aangeval het en na die tyd geweier het om hul wapens aan die regering te oorhandig, berig die Mail & Guardian.

Die inwoners van Dagbreek sê hulle aanvaar volle verantwoordelikheid vir dié gebeure en die koshuis se betrokkenheid en wil graag om verskoning vra vir “ons ongehoorsaamheid en liefdeloosheid wat tot ons aksies gelei het”.

Die studente glo dat die voorvalle ʼn platform vir politici soos Hendrik Verwoerd en John Vorster gebied het om die apartheidsteologie te wettig.

“Genesing en herstel sal nie gebeur indien ons nie om vergifnis en om verskoning vra vir apartheid nie,” het Pieter Nel (22), die huidige primarius van die koshuis, gesê. Verwoerd en Vorster was beide koshuisstudente in Dagbreek (voorheen bekend as die John Murray-huis) en het leierskapsposisies tydens hul studentedae beklee. Verwoerd, wat van 1958 tot sy sluipmoord in 1966, die Eerste Minister van Suid-Afrika was, word wyd erken as die man wat die saadjie vir apartheid geplant het en op die been gebring het. Sy opvolger, John Vorster, wat apartheidsbeleide streng toegepas het, was uiteindelik die president van Suid-Afrika.

Die komitee, onder leiding van Nel, het die 91-jarige koshuis se geskiedenis nageslaan en met die Mail & Guardian in verbinding getree om te sê dat hy graag om verskoning wil vra en verantwoordelikheid vir sy rol tydens apartheid wil opneem.

Die studente sê hulle is deur oudpolisieminister Adriaan Vlok inspireer. Hulle het Vlok verlede week ontmoet nadat hy ʼn toespraak in Kaapstad gelewer het waar hy oor vergifnis oor apartheidsaksies gepraat het.

Die studente het onderneem om voortaan aan Suid-Afrika te bou, en dat hulle leierskap in alle sfere sal verskaf, nie net ekonomies nie, maar ook teologies, en dat hulle nie meer ʼn gees van apatie jeens die Republiek van Suid-Afrika sal koester nie. “Ons gaan aktief aan ʼn visie werk om die land te ondersteun en te bou. Ons onderskryf die beginsels van respek, kameraadskap, geregtigheid, vriendelike samewerking, wedersydse vertroue en integriteit.”

Klik hier om die volledige berig te lees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Anita Groenenstein ·

Ag siestog!! Hoe aandoenlik!! Daar gaan nog ‘n dag kom wat julle om verskoning gaan vra vir julle patetiese ruggraatloosheid!

Miemie Fick ·

As julle wil gatkruip, doen dit in stilte asb!!!!!!!!! Ek is seker daar is duisende wat NIE julle ‘sentiment’ deel nie! Julle is skandelik!!!!

frikkie ·

En hulle noem hulleself studente? die idiote was nog nie eers gebore toe die ANC die land oorgevat het nie, hoe kan hulle namens ander praat. Ek was 33 toe apartheid geeindig het en ek is jammer dit het geeindig. So gaan dit in n land waar idiote wil praat namens wyses.

Karlinka Bismark ·

Skande op skande vir julle ! En verseker praat julle nie namens ons as oud Stellenbossers wat diep spore daar getrap het nie. So please exclude me and all my friends van julle patetiese gebaar. Sien nie dat die swart jeug om verskoning vra vir die duisende moorde op ons eie mense nie. Ek skaam my vir julle.

paul42 ·

DODETAL SYFER VANAF 1994

Hoeveel blankes is vermoor deur swartes sedert die einde van Apartheid?

Nagenoeg 68 798 wit Suid-Afrikaners is vermoor sedert 1994 in rasgemotiveerde haat moorde. Meer as 4041 wit Kommersiële Boere is in dieselfde tydperk vermoor. Hierdie moorde is brutaal, die aanvallers spaar niemand nie, kinders en babas ingesluit. Vrouens word verkrag en dan vermoor – en in meeste gevalle word min artikels vermis – indien enige.

Die ANC is tans besig om die manier waarop hierdie sake gerapporteer word, te wysig. Binnekort mag RAS nie aangedui word in die moorde nie, wat dit onmoontlik gaan maak om te rapporteer aan die wêreld wat tans in ons land plaasvind.

http://www.myvolk.co.za

Louis du Plessis ·

Mooi Karlinka!
 
AGTER DIE MASKER
 
1  Hierdie paar vrypostiges praat eerstens nie namens almal in Dagbreek nie, tweedens inderdaad nie namens die ander manskoshuise soos Wilgenhof nie, en verseker nie namens enige vrouekoshuise soos Monica en Harmonie nie.
 
2  Dat die moraliseerders die term “teologie” so kwistig rondstrooi, laat mens vermoed hulle studeer om predikante te word.  Verstaan hulle iets van die evangeliese boodskap dat ‘n mens die balk uit jou eie oog sal verwyder voor jy die splinter in ander se oë soek?
 
3  Waarmee hulle in werklikheid besig is, is nie om “om vergifnis” en “om verskoning” te vra nie – dis iets wat mens net namens jouself kan doen.  Hulle sogenaamde “verskoning” is in wese net ‘n masker vir iets anders, wat hulle self nog nie besef nie:  vir ‘n belediging van mede-Afrikaners, soos dr Hendrik Verwoerd en adv John Vorster, wat hulle nie eers geken het nie.
 
4  Slotsom
 
4.1  Die masker, waaragter die paar studente wegkruip, lyk só:  “Ons vra om vergifnis.” 
 
4.2  Die feite sê:  “Dis onmoontlik om namens iemand anders om vergifnis te vra.  Waarmee julle in werklikheid besig is, is om in hooghartige, moraliserende frases, volgens julle eie vooroordele en volgens die tydgees wat die ANC-regime tans versprei, ander te veroordeel.”
 
4.3    Die waarheid is:  “Verwoerd is tereg een van ons mees voortreflike Afrikanervolksgenote.  Iemand wie se skoenveters nie een van julle ooit sal kan vasmaak nie.”
 
4.3  Die oplossing lui:  “Elkeen van julle paar – vra eerder om verskoning, dus wérklik namens jouself, dat jy mede-Afrikaners so beledig.”
 
 

Brenda ·

Dit is net vir my verbasend om te sien hoe ver die Afrikaner jeug al gebreinspoel is! Die kinders weet niks van apartheid nie, is in ‘n post-apartheidsera gebore, daar word daagliks op sportgebied (agv kwotastelsels), by werksaangeleenthede (jammer, dit is regstellende aksie-poste) en in skole (kom ons leer van die helde vd “struggle”) teen hulle gediskrimineer. Tog is hulle al sooooo gekondisioneer dat hulle verplig voel om om verskoning te vra vir dade waarmee hulle niks te doen gehad het nie. Dit is vir my hartverskeurend dat die kinders se ouers nie die moeite doen om die kinders in te lig oor die grootskaalse oorlewingsstryd waarin ons gewikkel is, op ‘n daaglikse basis, nie!! Maar nou ja, die betrokke kinders se ouers, voel seker ook soos mnr FW de Klerk, dat ons nou in die “Utopia” leef. Ek sidder om te dink wat die prys gaan wees wat ons sal moet betaal, voor die mense uit hul diep slaap gaan wakker skrik!!

Christo Pretorius ·

‘Dagbreek’ het nou ook in die skuldkompleks ingetrek. En om die intrek te vier word die morele vlag gewapper – hier kniel ons, hier buig ons, hier verag ons die verlede en stal ons ons bona fides uit. Ons is beter as hulle wat voor ons was. Is dit nie die ironie van skuldbelydenisse nie? Ons is darem nie so nie en stilletjies agter die mou (…ons is eintlik beter). So ‘n morele torinkie is natuurlik net so goed as die basis waarop gebou word.

Waarop bou die ‘Dag-brekers’? Die verlede was sleg, die mense was sleg. En nou vra ek met Kierkegaard maar waarom is daai sleg nou slegter as hierdie sleg, en hierdie goed nou beter as daardie ? Is dit omdat nasionalisme en nazisme iewers saam gespan is? Is die ‘mens se goedheid’ nou soveel helderder en suiwerder onder die juk van integrasie? Trek die ploeg nou beter? Is menswees nou helderder gedrup?

Dit lyk asof die ‘Dag-brekers’ dit voorsien. Beter mense en beter tye. Saamwerk sal tot vooruitgang lei- nou sal ‘Afrikaans’ haar kennetjie kan lig in ons skole en universiteite, nou sal Afrikaners ongestoord die rooi grond oopbreek en mielies baar, nou sal vrede en harmonie deel wees van ons ‘utopiese kraal’ en Afrika sal nie bedel nie, Afrika sal nie skuldkomplekse bou vir ‘Us-aid’ of Sweedse kospakkies nie. Van die Kaap tot Kairo sal die ‘Dag-breek’.

Johan du Toit ·

Ek wonder hoe sterk die manne in Geskiedenis gestaan het? Om te beweer dat Dr. Verwoerd die saadjie van Apartheid geplant het is absurd! Hy het slegs die boompie natgemaak en gesnoei om te groei! Die saadjie was alreeds met die volksplanting gesaai,deur die Britte geïmplimenteer en Verwoerd het dit op die boeke geplaas!

Fanie ·

Daar is ‘n artikel op die Solidariteit blog oor die invloed van Propaganda op mense. Hierdie kinders is die slagoffers daarvan.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.