Matlala se dood ʼn ‘groot verlies vir boks in SA’

Die foto van Baby Jake Matlala is in Oktober 2009 geneem. Foto: Nardus Engelbrecht/SAPA

Die foto van Baby Jake Matlala is in Oktober 2009 geneem. Foto: Nardus Engelbrecht/SAPA

Die voormalige wêreldbokskampioen Jacob “Baby Jake” Matlala se afsterwe is ʼn “groot verlies vir Suid-Afrikaanse boks.”

Volgens Brian Mitchell, Matlala se bestuurder en agent, kom sy afsterwe as ʼn groot skok. Pastoor Alan McCauely, woordvoerder vir die familie, sê Matlala is omstreeks 11:00 Saterdagoggend in die Charlotte Maxeke-hospitaal in Johannesburg weens ʼn longkwaal oorlede. Matlala is dikwels beskryf as die klein groot man of die klein vegter met die groot hart. Matlala is ʼn viermalige wêreldkampioen in die vlieggewig-afdeling. Hy is op 1 Augustus 1962 in Soweto gebore. Sy loopbaan het in Februarie 1980 begin en ten tyde van sy aftrede in 2002 het hy meer as 50 gevegte gewen. Hy is die enigste Suid-Afrikaner om vier wêreldtitels te verower en met sy lengte van 1,47m was hy die korste wêreldkampioen nog. Matlala los sy vrou en twee seuns agter.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.