Matriek-standaarde ondersoek

Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, gaan die maatstaf rakende die standaard van die matriekslaagsyfer ondersoek.

The Saturday Star berig Motshekga se besluit volg op waarskuwings van voorste akademici dat die standaard van die nasionale seniorsertifikaat is “misleidend en stuur duisende na ʼn lewe wat geen verdere onderwys of indiensneming beloof nie.” Die ondersoek gaan deur ʼn ministeriëlekomitee gedoen word, is die week in die staatskoerant aangekondig. Hope Mokgatlhe, die minister se woordvoerder, het die ondersoek bevestig en sê die minister hoop dat dit teen 2013 kan begin. Toelating tot BA-studies vereis dat vier vakke met 50% geslaag is in matriek en dat die oorblywende vakke met 30% geslaag is solank die student se huistaal met 40% geslaag is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.