Matriekdans saam Chad “onvergeetlik”

Die Olimpiese ster Chad le Clos het Saterdagaand sy woord gestand gedoen toe hy saam met ʼn 17-jarige meisie van Johannesburg haar matriekafskeid bygewoon het.

Melanie Olhaus het Le Clos op ’n plakkaat met sy terugkeer van die Olimpiese Spele op die O.R. Tambo-lughawe gevra om haar matriekafskeid-metgesel te wees. Die plakkaat het gelees: “Chad, will you be my matric dance date???”. Le Clos het na Olhaus gestap en aan haar gesê dat hy haar metgesel sal wees mits hy geen ander verpligtinge het nie.

Le Clos en Olhaus het gisteraand al die aandag gesteel toe hulle by die Birchwood-hotel in Boksburg aangekom het. Die modeontwerper Gert-Johan Coetzee het Olhaus, ʼn leerling aan die Glenvista High School in Johannesburg, se rok gemaak. Olhaus het haar matriekafskeid as “ongelooflik” beskryf en Le Clos bedank vir ʼn “onvergeetlike” aand. Le Clos het op sy beurt gesê dit was “fantasties.”

Melanie vra Chad om haar matriekafskeid-metgesel te wees by die OR Tambo lughawe

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Linda Holmes ·

Dankie Chad en Melanie vir goeie,mooi nuus sonder geweld en/of mense met ‘n helse ego (lees Hollywood). Ons het vir ‘n oomblik net vergeet van al die negatiewe ens ens ens……………….. en weer hoop gekry in ons jeug!! Ons land het sulke mense nodig vir ons toekoms.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.