Matriekeindeksamen begin vandag

Die 2012 matriekeindeksamen begin Maandag en die ANC het alle matriekleerlinge sterkte toegewens.

“Vir leerlinge om goed te doen tydens hul matriekeksamen is ʼn belangrike stap om hulle toe te rus met die nodige vaardighede om tot die land en sy toekoms by te dra,” het Keith Khoza, ‘n ANC woordvoerder, gesê. “Die eksamen is ook belangrik om leerlinge voor te berei vir tersiêre onderrig.”

Khoza sê hulle is hoopvol dat die pogings wat die departement van onderwys, onderwysers, skoolbeheerliggame en ouers aangewend het, voldoende was om seker te maak dat matrikulante op vorige suksesse sal voortbou.

Die ANC het ʼn beroep op alle Suid-Afrikaners gedoen om die matrikulante te ondersteun.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.