Matriekeksamen: Geen seks of alkohol vir merkers

Persone wat matriekeksamenvraestelle merk is teen seks en wilde partytjies by merksentra gewaarsku.

‘n Gedragskode stipuleer dat daar “geen ongeoorloofde skakeling” in die koshuise of op die perseel van die merksentrum geduld sal word nie, berig The Sunday Times. ‘n Bestuurder by ‘n merksentrum het aan die koerant gesê alkohol en seks sal hoegenaamd nie geduld word nie. “Indien enigiemand die vrouekoshuis besoek of dronk is op die perseel, sal hulle onmiddellik uitgeskop word. Ons stel die merkers vooraf in kennis wat van hulle verwag word,” het hy gesê.

‘n Limpopo-gedragskode, soortgelyk aan dié van ander provinsies, het glo aangedui in watter bed elke persoon sal slaap.

Die Sunday Times berig dat meer as 30 000 persone begin het om die eindeksamenvraestelle van 647 487 matrieks by 118 verskillende liggings te merk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.