Matriekeksamenuitslae goedgekeur

Die matriekeksamen van 2012 is as regverdig, geldig en geloofwaardig verklaar.

“Ons keur die vrystelling goed van die uitslae van die nasionale senior sertifikaateksamen deur die departement van basiese onderwys,” het dr. Mafu Rakometsi, hoof uitvoerende beampte van Umalusi, gesê. Hy sê dieselfde goedkeuring is vir die eksamens wat deur die onafhanklike eksamenraad (IEB) hanteer is, uitgereik. “Ons is tevrede dat die eksamens regverdig, geldig en geloofwaaridg was,” het Rakometsi gesê.

Umalusi, die Raad vir Gehalteversekering in Algemene en Verdere Onderrig en Opleiding, het die eksamen goedgekeur ná verskeie gehaltebeheermaatreëls, insluitend die moderasie en goedkeuring van vraestelle, bevestiging van interne assessering, monitering van gedrag tydens eksamens, en die monitor en bevestiging van die merk en finale uitslae, toegepas is.

Rakometsi sê die eksamens wat deur Verdere Onderwys en Opleiding (VOO)-kolleges en Volwasse Basiese Onderwys en Opleiding (VBOO) is ook goedgekeur, buiten N3 Elektronika. “Dié uitslae word weerhou totdat ‘n ondersoek afgehandel is. Ons vermoed dat daar onreëlmatighede plaasgevind het,” het Rakometsi gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.